NewsNews

Karateklub gesels oor veiligheid

Die Parys Sansei Goju Ryu-karateklub het verlede week oor veiligheid gesels en waardevolle veiligheidswenke is deur ao. Jan le Roux aan die kinders en ouers gegee. Wenke wat kinders kan onthou:

Die Parys Sansei Goju Ryu-karateklub het verlede week oor veiligheid gesels en waardevolle veiligheidswenke is deur ao. Jan le Roux aan die kinders en ouers gegee.
Wenke wat kinders kan onthou:
* Moet nooit alleen iewers heen gaan nie. Maak seker jy is ingesluit by ’n groep vriende, of saam met volwassenes wat jy en jou ouers vertrou.
* Moet nooit iewers heen gaan sonder om jou ouers te vertel waarheen jy gaan nie. Maak seker jou ouers het telefoonnommers van die vriende saam met wie jy is. Laat weet altyd jou ouers as jou planne verander.
* Moenie na plekke toe gaan wat jy nie ken nie. As jy verdwaal of jou ouers in ’n  winkelsentrum verloor (of enige ander openbare plek), vra dadelik hulp byvoorbeeld by die sekuriteit. Moenie self na jou ouers gaan soek nie.
* Moenie saam met vreemdelinge ry nie. Moet nooit in ’n vreemdeling se kar klim nie en moet niks van vreemdelinge vat nie.
Selfs as jy saam met ’n maat se ouers huis toe ry, laat weet dadelik jou ouers as julle nie vooraf so ooreengekom het nie.
* As iemand jou volg – hardloop, skreeu en raas hard! Wees liewer veilig as jammer.
* Skryf jou naam binne-in jou klere en skooltas, asook jou ouers se telefoonnommers. Moenie dit buite-op skryf waar vreemdelinge dit kan sien nie.
* Moenie alleen in die straat speel nie. Dit is maklik vir ’n vreemdeling om langs jou te stop en jou te gryp of vinnig in die motor in te trek.
Onthou die Makkerstelsel – vat altyd ’n  vriend/makker saam met jou waarheen jy
ookal gaan. Bly naby jou vriend!
So kan julle mekaar oral help as julle in die moeilikheid beland.
Jy kan die Parys-polisiestasie  by (056) 816 2516/19 of bedags by (056) 816 2500 kontak. Hou dus ook hierdie nommers byderhand

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button