Entertainment

Innibos Kunstefees – digitaal en wêreldwyd!

Innibos Kunstefees – digitaal en wêreldwyd!

Die hoofverhoog van Innibos.

Innibos Digitaal, wat gehou word in die tydgleuf wat die kunstefees oudergewoonte in Mbombela gehou sou word, bied sowat 20 produksies aan wat opnames van musiek en toneel uit die kunstefees se argiefskatkis insluit. ’n Eerste in die Afrikaanse toneelbedryf is die digitale debuut van Leengoed, ’n komiese drama met Tobie Cronjé en Wynand van Vollenstee.

’n Virtuele prysuitdeling van die hoog aangeskrewe Innibos Nasionale Kunshandwerkkompetisie (National Crafts Awards) met ’n totale prysgeld van R100 000 sal die digitale fees afskop.

Sandra Jacobs, media- en bemarkingsbestuurder van Innibos, sê die voortslepende Covid19-pandemie bring mee dat feesorganiseerders en kunstenaars meer kreatief as ooit te werk moet gaan. “Innibos Digitaal wil eerstens kunstenaars in dié uitdagende tye bystaan en seker maak hulle kry steeds ’n inkomste. Die kunstefeesbedryf moet ook aanpas by die veranderde tye en beskikbare tegnologie tot ons voordeel gebruik. Dit is wel ’n ietwat onbekende terrein maar ons gryp dit met albei hande aan.”

Innibos het deur die jare ’n argief opgebou met opnames van musiek- en toneelproduksies wat nou met vrug gebruik kan word, sê Sandra. Nuwe opnames word in samewerking met Coleske Kunstenaars en MGG Produksies gedoen.

“Innibos Digitaal is die gulde geleentheid vir liefhebbers van Afrikaanse musiek en toneel wêreldwyd om toegang te kry tot topproduksies en daardeur kunstenaars te ondersteun,” aldus Sandra.

Die Innibos Digitaal-program sluit in die JacarandaFM-konsert en kykNet-Verjaardagkonsert wat verlede jaar deur duisende mense op die feesterrein bygewoon is. Die kykNet-Verjaardagkonsert het ’n Fiësta-toekennings ontvang as die beste opelug musiekproduksie landwyd.

In ander musiekproduksies is Stef Bos te sien in Bos innie Bos, Kevin Leo en Jannie Moolman in Crooners en Jannie du Toit in Doep is nie dood nie. Buiten die debuut van die drama Leengoed, is die toneelaanbod onder meer Manne, met onder andere Chris Vorster, People are living there met Anna-Mart van der Merwe en Op my eish!  met Neels van Jaarsveld. Die volledige program sal binnekort bekend gemaak word.

Kaartjies vir die Standard Bank Innibos Kunstefees Digitaal sal van 15 Junie by Computicket bespreek kan word. Feesgangers sal ’n skakel ontvang. Die skakel bly vir 48 uur aktief nadat dit geaktiveer is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button