NewsNews

Infeksiesyfer gaan 50 000 merk verbysteek

In sy weeklikse nuusbrief het president Cyril Ramaphosa vanoggend gesê dat die SA Covid-19 syfer vinnig styg en dat verwag kan word dat die gevalle syfer hierdie week die 50 000 kerf sal verbysteek. Ook dat die dodetal die 1 000 kerf sal oorskry. Hy sê hoewel die syfers voorspel is, is hy soos ander …

In sy weeklikse nuusbrief het president Cyril Ramaphosa vanoggend gesê dat die SA Covid-19 syfer vinnig styg en dat verwag kan word dat die gevalle syfer hierdie week die 50 000 kerf sal verbysteek. Ook dat die dodetal die 1 000 kerf sal oorskry.

Hy sê hoewel die syfers voorspel is, is hy soos ander Suid-Afrikaners ook  bekommerd oor die styging van  syfers. Hy beklemtoon weer dat die inperking juis nodig was om mense kans te gee om aan te pas en saam met die virus te leef, sowel as om gesondheidsdienste kans te gee om voor te berei.

Hy sê hoewel hy tevrede is dat mense nou wel maskers dra, gereeld hande was en probeer om kontak te vermy, hy dink dat mense steeds sukkel om sosiale afstand te handhaaf.

Skole landwyd het vanoggend vir graad 7 en 12 leerders heropen, en was daar lof vir die werk wat reeds deur departement onderwys gedoen is om seker te maak skole is gereed. Die minister van onderwys, Angie Motshekga, het Sondag 7 Junie gesê dat reëling wel getref is vir die 5% skole wat nog nie gereed was om te heropen nie, en die versekering gegee dat geen kind agtergelaat sal word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button