Geliefde oudonderwyser sterf
’n Geliefde oud-onderwyser en jarelange inwoner van Parys, Org Prinsloo is Maandagaand in die ouderdom van 71 jaar oorlede. Die roudiens is Vrydag 9 Junie om 11:00 vanuit die NG Wes-gemeente. Org was vir sowat 35 jaar ’n inwoner van Parys waar hy baie geliefd was, nie net as onderwyser en atletiek- en rugbyafrigter nie, …

’n Geliefde oud-onderwyser en jarelange inwoner van Parys, Org Prinsloo is Maandagaand in die ouderdom van 71 jaar oorlede. Die roudiens is Vrydag 9 Junie om 11:00 vanuit die NG Wes-gemeente.
Org was vir sowat 35 jaar ’n inwoner van Parys waar hy baie geliefd was, nie net as onderwyser en atletiek- en rugbyafrigter nie, maar ook as mense-mens, ’n terggees en iemand wie se liefde vir kinders uitgestaan het.
Hy was vir jare onder meer wiskunde en skeinat onderwyser by die Weiveld Landbou- en Hotelskool, asook by die Wonderfontein Hoërskool in Carletonville en PCS.
Vroeër jare het hy ook die destydse Prinsloo Kaste gehad wat vandag bekend is as Prinskaste.
Die laaste jare het hy baie met sy gesondheid gesukkel en is hy aan sy hart oorlede.
Die familie sê dankie aan die personeel van Parys-hospitaal en Boitumelo-hospitaal asook Buthelezi ambulansdienste vir die vriendelikheid en deernis waarmee daar na hom omgesien is.
Hy word oorleef deur sy vrou Susan, seuns Jacques, Derick en Org jr., 3 skoondogters, kleinkinders en broers, dr. Hennie Prinsloo en Gert Prinsloo.



