Local news

Skoolbefondsing: So lyk die situasie by skole plaaslik

Dankie aan die gemeenskap van Parys namens al ons skole, vir die volgehoue ondersteuning van fondsinsmaelings en borgskappe wat dikwels vir skole uitkoms gee in moeilike tye. Dit word waardeer.

Plaaslike skole gaan ook sedert die Covid-19 pandemie gebuk onder die groot uitdagings wat die nie-betaling van skoolfonds teweeg bring. Die bevindings van TPN Credit Bureau, oor ‘n skole-studie rondom die betaling van skoolfonds by private en openbare skole, word beaam deur plaaslike skoolhoofde.
Volgens Debbie van Tonder, eienaar van Parys Christelike Skool, was die kwessie oor betalling van skoolfonds by die byeenkoms van Onafhanklike Skole in 2022 in Bloemfontein bespreek. Uit die gesprekke was dit duidelik dat baie ouers worstel met die uitwerking van ‘n voortslepende ekonomiese panarie.
Van Tonder sê ouers het soms ‘n behoefte om hul kinders in ‘n privaatskool te sit, maar dit is nie vir almal bekostigbaar nie.
Privaatskole aan die ander kant, het die uitdaging om personeel uit hierdie fondse te betaal, sê sy.
Sy sê Parys Christelike Skool probeer juis kyk dat ouers nie agterstallig raak nie, sodat ouers dan nie in ‘n situasie geplaas word waar hul sit met maande se agterstallige skoolfonds wat betaal moet word nie.
Sy stem saam dat skoolfondsbetalings ‘n voortslepende uitdaging bly vir skole. Veral nou met die begin van die nuwe skooljaar, en ouers wat na hul Desember-uitgawes moet raap en skraap om fondse bymekaar te kry.
Mnr. Shaun Strydom, skoolhoof van Parys Primêre skool sê onder omstandighede gaan dit goed met die skool, maar sê ook dat daar toenemend ouers is wat nie by die betaal van skoolgeld uitkom nie, of nie reëlings tref met skole oor skoolfondsbetaling nie.
Hy sê die skool is egter bitter dankbaar vir ouers wat wel reëlings tref rondom skoolfondsbetalings.
“Soos wat die jare aanstap raak die befondsing vir openbare skole van regeringskant af minder. Dit raak onder druk, en dan het ons nodig om staat te maak op die in van skoolfonds, om aan te hou om die diens te lewer wat ons lewer. As ons dit nie doen nie sit ons met die situasie van 40/50 kinders in ‘n klas. Dit is die realiteit,” sê hy.
Skole begin daarom al meer planne maak om geld in te vorder. So het die laerskool byvoorbeeld al iemand aange- stel in ‘n voltydse posisie om skoolfonds in te vorder, maar dit kos die skool aan die einde van die dag geld om nog ‘n salaris te betaal.
Vir skole is daar egter geen ander opsie om te doen wat gedoen kan word om uitdagings die hoof te bied.
Volgens mnr. Lucien van Zyl, skoolhoof van Hoërskool Parys, ervaar die skool dat al meer ouers aansoek doen om kwytskelding of gedeeltelike kwytskelding vir skoolgeld vir hul kinders.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button