Local news
Solidariteit help graag
Solidariteit Helpende Hand is 'n selfstandige organisasie binne die groter Solidariteit-groep. Solidariteit Helpende Hand se strewe is om sterk, selfstandige gemeenskappe te bou. Dit beteken dat die organisasie nie net 'n sinvolle voortbestaan wil verseker nie, maar hul ook beywer vir vooruitgang, geborgenheid en 'n florerende gemeenskapslewe.

Om dit te kan bereik word staatgemaak op vrywilliger hande in ‘n gemeenskap. Helpende Hand bied ook verskeie nasionale projekte aan wat gemik is op kleuters, skoliere, gesinne, bejaardes en gestremdes. Dit word aangevul met projekte deur die Vrywilliger-tak.
Daar word nie op die korttermynnood gefokus nie, maar gepoog om ‘n verskil te maak in mense se lewens deur geleenthede te skep om mense se eie sterkpunte en geleenthede aan te wend om hulle te bemagtig.
Die bestuur van Parys Vrywilliger tak is Matty Last – Voorsitter, Corlia Lourens as ondervoorsitter en Lida du Plessis as Sekretaresse.
Kobus Venter, Solidariteit Helpende Hand se takbestuurder van die Vrywilliger-tak in Parys.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.