Local news

Hulde gebring aan hulle wat in konsentrasiekampe gesterf het

Kom beleef en ervaar iets van die deel van die Suid-Afrikaanse geskiedenis.

Hulde sal more, Vrydag 16 Junie, in Vereeniging gebring word aan die duisende Boere – meestal vroue en kinders – wat tydens die Tweede Vryheidsoorlog in konsentrasiekampe gesterf het. Volgens die jongste navorsing was die totale aantal sterftes in konsentrasiekampe meer as 34 000.

Op 16 Junie 1900 het Lord Robberts (Britse opperbevelvoerder in Suid-Afrika) ‘n proklamasie uitgevaardig, ingevolge waarvan onregmatige maatreëls ingestel is om die Boeremagte tot oorgawe te probeer dwing. Dit het gelei tot onder andere die verskroeide aarde-beleid en die oprig van die berugte konsentrasiekampe.

Die Konsentrasiekamp Dag program word aangebied deur die Vaal Kultuurnetwerk in samewerking met die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), die Gideonsbende, GGSA Vaal en die Dundee Diehards Transvaal/Free State Garrison.

Dit word gehou in die Konsentrasiekamp begraafplaas in Vereeniging (langs Boy Louw weg oorkant Hinterland en die Vaal skougrond ingange) en sal die program om 10:00 begin met koffie en beskuit.

Kom kyk na ‘n uitstalling met Engelse konsentrasiekamp tent en bittereinder Peet Schabort, vlagseremonie en kranslegging en ‘ontsetting van Danie Theron uit die tronk’  in die Vereeniging stormaanval van Wierlrijders Corps. ‘n Verbeeldingsvlug geveg. Rookbom en loskruit patrone met ou fietse en die Britse Dundee Diehards wat deelneem.

ChalkBoard Champs bied ook ‘n kort optrede aan oor die konsentrasiekamp gebeure, gevolg deur kleurvolle Volkspele

Bring jou kampstoel en  braai saam ‘n worsie op die kole na die verrigtinge.

Bywoning is gratis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button