Local news

Geen cholera in Viljoenskroon-water gevind nie

Die swak bestuur en onbevoegdheid van munisipaliteite is nou vinnig besig om hulle in te haal.het Alta Pretorius, streekbestuurder van AfriForum se Mooirivier-tak gese

 

Die AfriForum-tak in Viljoenskroon het op 8 Junie watertoetse gedoen om vas te stel of daar cholera teenwoordig is in die boorgate, munisipale water en die bewaararea. Daar is op drie plekke monsters geneem om by ’n geakkrediteerde laboratorium getoets te word, het die burgerregte organisasie AfriForum vandag in ‘n verklaring gese.

Die monsters wat geneem is was by ’n boorgat in die dorp, ’n kraan met munisipale water by die Salmon Senekal Hoёrskool en by die bewaararea. Die uitslae van die toetse is op 13 Junie aan die tak deurgegee.

AfriForum se daar is op geen van hierdie plekke tekens van cholera gevind  nie en het die boorgatwater ook nie E.coli in nie, is bevind. Daar is egter by die ander twee plekke positiewe tekens van E.coli en fekale kolivorme gevind.  AfriForum se die uitslag van die toetse beteken dat daar tekens van riool in die munisipale water en by die bewaararea is, wat ander siektes as cholera kan veroorsaak.

“Ons maan inwoners van Viljoenskroon om nie enige water te gebruik voordat die water eers gekook is nie. Inwoners moet ook nie in die water swem nie,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Pretorius se die Viljoenskroon-tak het al met die plaaslike munisipaliteit gepraat oor die gereelde rioolstortings in Viljoenskroon en Rammulotsi. Daar is egter nog nie ’n volhoubare oplossing op die tafel nie se sy.

Die rioolstorting is by die Departement van Water en Sanitasie (DWS) aangemeld, en is die uitslae van die watertoetse reeds aan DWS deurgegee met die versoek dat daar dringend opgetree moet word.

“Die swak bestuur en onbevoegdheid van munisipaliteite is nou vinnig besig om hulle in te haal. Dit is egter hartverskeurend dat ons waterbronne, waarsonder nie mens óf dier kan klaarkom nie, in die proses beskadig word. Ons sal opvolg toetse doen en die gemeenskap op hoogte hou van enige veranderinge al dan nie,” sluit Pretorius af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button