Parys Christelike Skool hou entrepreneursdag
Die kinders, onderwysers, ouers en selfs ‘n paar ouma’s en oupa’s het die dag geniet.
Met waterbalonne wat deur die lug geslinger word en die gelag van kindergesiggies, kan mens nie help om self ‘n glimlag op jou gesig te kry nie.
Parys Christelike Skool het vandag 1 November hulle entrepreneursdag gehou en dit was een reuse sukses. Dit entrepreneursdag het om 09:00 begin.
Leerders van Gr.R tot Gr. 7 het die geleentheid gehad om aan die lekker pretdag deel te neem.
Daar was ‘n verskeidenheid van stalletjies wat soetgoed en lekkernye verkoop het. Daar was ook lekker boereworsrolle te koop en stalletjies met speelgoed en klappers. Die kinders kon aan verskillende speletjies deelneem.
‘n Waterwurm en ‘n springkasteel het gesorg vir ure se plesier.
Kinders kon ook ‘n skaap en kalfies vryf en voer.
Die kinders, onderwysers, ouers en selfs ‘n paar ouma’s en oupa’s het die dag geniet.
Kyk hier na fotos van die dag: