Geloftefeesdienste in jou omgewing
Verskeie Geloftefeeste en Geloftedienste word vanjaar op 16 Desember in en om Parys gehou. HIer is al die inligting.
* Dewetsdrift Geloftefees:
Kom luister na twee oud-Koepelaars, dr. Victor E d’Assonville van Duitsland, en dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit by die Dewetsdrift Geloftefeesterrein. Die terrein is net onderkant die Vredefort Koepel se westelike grens teen die Vaalrivier, 7km vanaf die Skandinawiëdrift brug aan Vrystaat kant van die Vaalrivier, rivier-op.
Sang word vanaf 09:00 gelei deur Erna, Juan, Lizette en span. Die erediens deur d’Assonville is om 10:00.
Die program sluit ‘n kranslegging, vlaghysingseremonie by die monument, perdekommando, en feesrede deur dr. Hermann in.
Daar is gratis boereworsbroodjies en koeldrank vir feesgangers. Indien moontlik bring ‘n stoel en/of kussing, sambreel en kollekte saam. Vir navrae skakel Herman van Wyk by 082 770 9444, of Stephan du Toit by 072 763 6853.
* Greenlands Geloftefees:
14 Desember 17:00 – mini-basaar,
voorlaaier en kleiduifskiet.
19:00 – konsert
16 Desember 09:30 – Kranslegging
10:00 – Erediens: Ds. Hennie Hattingh
11:00 – Feesrede: Alwyn de Klerk
12:00 – Saamkuier en ete
Skakel Gert Loggenberg by 072 020 9568 of Charlotte Smallberger by 082 379 4457.
* Koedoesfontein Gelofte-saal R53 (op die Potch/Parys-pad – Koedoesfontein)
Voorsang 09:30 met die diens om 10:00.
Skakel Willie Olivier by 073 563 8017.
* Geloftedag Hoogekraal, Potchefstroom
08:00 – Perdekommando, vlaghysing en kranslegging, fakkel seremonie.
Feesdiens en spreker: Ds Johan Steyn en Johan Fouché.
Gratis middagete. Bring eie stoele en eetgerei. Kollekte na die diens. Donasies welkom. Skakel 083 627 1177 of 076 151 5538.
* Gelofteweek op Udolpho Rivierplaas
11-15 Desember – Gelofte word elke aand om 19:00 in Ouma se Huis-museum gelees.
16 Desember 10:00 – Geloftediens en program by die Kultuurstoor op Udolpho.
Na afloop van die diens kan almal om die swembad saam kuier. Bring jou braaivleis, swemklere en eie stoele.
Vuur word voorsien.
* Onder-Heuningspruit Geloftefees
09:00 – Perdekommando arriveer, vlaghysing, opening en samesang. Lees van die gelofte
Spreker: Prof George Lotter.
Samesang en voorlesing uit Die ossewa en sy spore (Prof Erik Holm).
Na afloop van die verrigtinge word almal genooi om saam te kuier en iets te ete en drinke te geniet. Skakel Terblanche le Roux by 072 606 6510 of Mossie Mosterd 082 421 1492 vir navrae.
* Geloftediens NG Moederdergemeente Parys 09:30. Prediker: Ds. Gustaf Opperman