Local news

45 Babas op Kersdag in Vrystaat gebore

Die eerste baba is om 00:15 op Kersdag gebore.

Altesaam 45 babas, waaronder 21 dogtertjies en 24 seuntjies, is teen 20:50 op Kersdag in staatshospitale in die Vrystaat gebore. Dit sluit nie babas in wat in privaat hospitale gebore is nie.

Babas wat op Kersdag gebore word, het altyd ‘n baie spesiale plek in die departement van gesondheid se vieringe op die dag.

Die Premier, LUR vir Gesondheid en ander lede van die Uitvoerende Raad het gedurende die dag mammas by ‘n aantal kraamsale besoek om die trotse ma’s persoonlik geluk te wens, ‘n babasorgpakkie te oorhandig en met personeel te vergader.

Die kraamsaal by die Nasionale Distrikshospitaal in Bloemfontein het Woensdagoggend om 00:15 die eerste baba wat Kersoggend gebore is in die lewe gebring. Palesa Khatsi van Bloemfontein het haar seun, Thandolwethu Kosana, wat 2.64kg geweeg het, in die wêreld gebring en dit gaan goed met beide ma en baba.

Dihlabeng Streekhospitaal in Bethlehem het die tweede baba om 00:30 in die lewe gebring. Thembisile Ndaba van Senekal het geboorte geskenk aan haar dogter wat 1.89kg geweeg het.

Mpho Seretsi van Welkom het om 00:33 geboorte geskenk aan haar dogter wat 2.67kg geweeg het by die Bongani Streekhospitaal in Welkom as die derde baba vir die dag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button