Local news

Noordwes verwelkom Nuwejaarsbabas

Daar is 17 seuntjies en 10 dogtertjies gebore.

Die Noordwes het altesaam 27 babas tussen middernag en 10:00 op Nuwejaars in staatshospitale regoor die provinsie verwelkom. Daar is 17 seuntjies en 10 dogtertjies gebore.

Sello Lehari, LUR vir gesondheid in die Noordwes, het al die ma’s gelukgewens wat op Nuwejaarsdag aan nuwe bondels vreugde geboorte geskenk het

Die geboortetal sluit ook ‘n 16-jarige meisie in, wat vir die tweede keer geboorte geskenk het. Aanvanklike ondersoeke het aan die lig gebring dat die tiener net 15 jaar oud was toe sy haar tweede kind verwek het. Nog meer kommerwekkend is dat dit haar tweede swangerskap is, met haar eerste kind wat gebore is toe sy net 14 jaar oud was.

Dit bring ernstige kommer oor tienerswangerskap en kinderbeskerming in die Noordwes-provinsie.

Premier Lazarus Kagiso Mokgosi het gevra vir ‘n dringende ondersoek na die omstandighede rondom die meisie se swangerskappe, wat die behoefte aan aanspreeklikheid en geregtigheid beklemtoon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button