Local news

Boere moet self Vrystaatse paaie herstel

Die paaie is so sleg dat logistieke maatskappye weier om boere se produkte te vervoer.

Die paaie in die Vrystaat het ‘n finale breekpunt bereik met boere wat gedwing word om self herstelwerk te doen weens die onvermoë van die provinsiale regering om sy pligte na te kom.

Die VF Plus-leier in die Vrystaat, Jan van Niekerk, het met die provinsiale departement van paaie se Phumelela-streekkantoor vergader oor die kritieke toestand van onder meer die S56-teerpad tussen Memel en Harrismith.

“Dié pad het so verswak dat boere in die distrik ‘n ongewone versoek gerig het: Breek die oorblywende stukkies teer uit en skraap dit liewer terug na ‘n ongemaklike grondpad, aangesien dit tans te gevaarlik is om te gebruik.

“Boere moet op hul eie koste duisende kilometer se paaie skraap, terwyl die departement nie net versuim om paaie te onderhou nie, maar ook geen plan in plek het om nuwe padskraper-operateurs op te lei terwyl bestaande operateurs binnekort aftree nie.”

Die paaie is so sleg dat logistieke maatskappye weier om boere se produkte te vervoer, wat ‘n direkte impak op hul inkomste en voedselvoorsiening het.

“Die aartappeloesseisoen is reeds aan die gang, maar boere moet werkers oor uiters gevaarlike paaie vervoer wat hul lewe in gevaar stel.Die regering sal ernstig moet oorweeg om dienste soos die skraap van paaie te privatiseer in die platteland. Boere is die kosmandjie van die land en kan nie bekostig om handel te dryf met paaie wat onrybaar is nie.Die VF Plus sal hierdie krisis direk met die LUR van paaie en vervoer, Jabu Mbalula, opneem en sal nie toelaat dat hierdie kwessies geïgnoreer word nie,” gaan van Niekerk voort.

Boere kan nie langer die regering se mislukkings dra nie.

So lyk van die paaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button