Nog ‘n NWU-student binne dae oorlede
Nooddienste het haar na ‘n plaaslike hospitaal geneem.

Nog ‘n NWU-student is hierdie week oorlede. Dit kom slegs twee dae na die afsterwe van Chrizaan Agenbach (20) wat Maandagaand, 24 Maart in haar slaap oorlede is.
Vimbai Marewo (22) is Woensdag, 26 Maart oorlede nadat sy op die NWU se Potchefstroom-kampus inmekaar gesak het. Sy het Dinsdag haar eerste graad in finansiële rekenmeesterskap verwerf.
Die honneursstudent in finansiële rekenmeesterskap het glo inmekaar gesak nadat sy ‘n vriedin se gradeplegtigheid bygewoon het. Nooddienste het haar na ‘n plaaslike hospitaal geneem. Die oorsaak van haar dood is nog nie bekend nie.
Vimbai se pa, Dr, Gerald Marwo is ‘n senior lektor in toegepaste Wiskunde aand die NWU.
Louis Jocobs, NWU-woordvoerder, sê Vimbai het Woensdag op kampus inmekaar gesak. Daar is onsekerheid of sy nog geleef het by haar aankoms by die hospitaal.