Onderhandelings tussen Eskom en die Ngwathe munisipaliteit is tans aan die gang om te probeer om ‘n oplossing te kry vir die afbetaling van Ngwathe se enorme Eskom-skuld wat reeds meer as 650 miljoen beloop.
Eskom het gister gesê hy is hoopvol dat ’n ooreenkoms breik sal word, en dat drastiese stappe soos die staking van elektrisiteitsvoorsiening die laaste uitweg is.
Ngwathe en die Phumelela munisipaliteite het net tot 15 Februarie tyd gehad om Eskom se voorwaardesdes na te kom om strafbeurtkrag te vermy. Die voorwaardes het ingesluit dat ’n betaling gemaak moes word, ’n aanvaarbare betaalplan aan Eskom voorgelê moet word, en dat die munisipaliteite se onderskeie rade ’n skriftelike onderneming moet gee dat maandelikse rekeningverpligtinge getrou en stiptelik nagekom sal word en die agterstallige skuld betaal sal word.Ngwathe kon nie die spertyd haal nie.
Die uitkoms van vandag se samesprekinge is daarom van groot belang vir inwoners van die Ngwathe dorpe – Parys, Vredefort, Koppies, Heilbron en Edenville.
Intussen is krag in sommige dele van die dorp herstel ná ‘n grootskaalse kragonderbreking vanoggend toe ‘n hoogspanningskabel ontplof het en ‘n oorskakeling gedoen moes word.



