NewsNews

Ryk woonbuurt in Vereeniging kry skok

VEREENIGING. – Wat doen jy as jou rustige buurt skielik deur klomp studente ‘ontwrig’ word?

Sowat 20 studente is met matrasse by die huis afgelaai.

Dit is presies die probleem waarmee inwoners van Drie Riviere-Oos/proper nou sit na een van die huise, volgens inligting, in student-akkomodasie verander gaan word.

Sowat 20 studente het gister hul verskyning by die huis op die hoek van Suikerbos- en Whareerylaan met hul matrasse gemaak en daar is glo plek vir nog.

Inwoners van die buurt, asook die DA-raadslid van Drie Riviere, Dalene Venter, het vinnig aan die werk gespring om die ‘nuwe ontwikkeling’ halt te roep.

‘n Vergadering word vanmiddag  om 17:00 gehou om die saak te ondersoek en verdere stappe daarteen te neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button