NewsNews

Wenplekke vir Parysenaars by VS/NW kragmeting

Twee Parysenaars, Moses Tsimane en Aneyke Vrettas het albei met 1ste plekke in hul onderskeie afdelings kon spog na afloop van die Vrystaat/Noord-Kaap Gewigoptel kragmeting. Boonop het Moses sy SA bankie drukrekord van 110kg wat hy in 2016 opgestel het, met 5kg verbeter vir ’n nuwe SA rekord. Moses wat net 60kg weeg en ’n ervare gewigoptel-atleet is, het reeds Vrystaat, SA-kleure en internasionale mededinging op sy kerfstok. Die afgelope naweek het hy weer gewys waartoe hy instaat is toe hy 3 keer sy eie liggaamsgewig in “dooie gewig” opgetel het (180kg). Hy het selfs die 200kg probeer, maar kon nie slaag nie. Ten spyte daarvan dat dit Aneyke se eerste kompetisie was het sy haar afdeling gewen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button