NewsNews

Dogtertjie verdrink in gat by stortingsterrein

’n 8-Jarige dogtertjie van die Tumahole-woonbuurt het gistermiddag(1 Maart) laat in ’n gwarriegat langs die Doverpad naby Parys se munisipale stortingsterrein verdrink. Die dogtertjie was deel van ’n groepie kinders wat die middag by die gwarriegat in die water baljaar het. Die voorval het net na 17:00 gebeur. Waar haar liggaam uit die water gehaal is was die water nagenoeg 1,7m diep, maar is dit selfs op plekke nog dieper met die gwarriegat wat al tussen 30 en 40m wyd is. Verskeie konstruksiemaatskappye grawe hier grond uit, is aan Gazette vertel.

’n 8-Jarige dogtertjie van die Tumahole-woonbuurt het gistermiddag (1 Maart) laat in ’n gwarriegat langs die Doverpad naby Parys se munisipale stortingsterrein verdrink.
Die dogtertjie was deel van ’n  groepie kinders wat die middag by die gwarriegat in die water baljaar het. Die voorval het net na 17:00 gebeur.
Waar haar liggaam uit die water gehaal is was die water nagenoeg 1,7m diep, maar is dit selfs op plekke nog dieper met die gwarriegat wat al tussen 30 en 40m wyd is. Verskeie konstruksiemaatskappye grawe hier grond uit, is aan Gazette vertel.
Die baie plastiese verpakkingsmateriaal wat oral by die gat rondlê, was vanoggend nog stil getuienis van die talle kinders wat gereeld hier kom swem met die gate wat vol is danksy die reën wat Parys-distrik die afgelope maande gehad het.
Ooggetuies van gistermiddag se tragedie vertel dat  hulle gesien het dat drie van die kinders in die moeilikheid is nadat hulle in die water ingegaan het, en het omstanders dadelik die kinders te hulp gesnel. Nooddienste, Parys Medix en die polisie was baie gou op die toneel en is die oorledene uit die water gehaal.
Die polisie het bevestig dat ’n  nadoodse ondersoek gedoen sal word.
Lede van die gemeenskap het ná die voorval gesê dat dit onaanvaarbaar is dat daar niks is wat die kinders keer om by die terrein te kom of waarsku teen die gevaar nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button