NewsNews

Oppas vir wie jy jou kaarte wys!

Die polisie in Parys waarsku ernstig dat mense nie sommer goedsmoeds hul bankkaarte, SASSA kaarte of enige ander kaarte aan ’n vreemdeling moet gee om te gebruik of te skandeer nie. Die afgelope week was daar minstens vier voorvalle in Parys waar ’n man in siviele klere wat hom as polisiebeampte voorgedoen het, mense in die straat voorgekeer het, en toe beweer het dat hulle glo geld sou gesteel het.

Die polisie in Parys waarsku ernstig dat mense nie sommer goedsmoeds hul bankkaarte, SASSA kaarte of enige ander kaarte aan ’n  vreemdeling moet gee om te gebruik of te skandeer nie.
Die afgelope week was daar minstens drie voorvalle in Parys waar ’n  man in siviele klere wat hom as polisiebeampte voorgedoen het, mense in die straat voorgekeer het, en toe beweer het dat hulle glo geld sou gesteel het.
Die man het daarop die slagoffers se beursies gevra om kwansuis te kyk of die gesteelde geld daar was, waarop hy in sommige gevalle hul bankkaarte en selfs SASSA kaarte skandeer het.
Die polisie waarsku dat dit beter is om sou dit gebeur die kaarte onmiddellik te stop.
Jy het ook die reg om daarop aan te dring om ’n  aanstellingsertifikaat of bewys van identifikasie te sien van wie ookal jou sou vra om van jou persoonlike inligting of items te oorhandig. Maak eerder seker vir wie jy wat gee of sê alvorens jy in ’n  strik trap van slinkse swendelaars.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button