NewsNews

Dit gaan nag wees vir V’ging en VDBP

Eskom beplan om op 3 Oktober die elektrisiteitsvoorsiening na die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit te sny. Dit volg na dié munisipaliteit die kragvoorsiener R194 781 981.79 skuld. Die voorlopige beplanning is om die die elektrisiteit Maandag tot Vrydag tussen 06:00 en 08:00 te sny en ook tussen 17:00 en 19:30. Naweke (Saterdag en Sondag) sal die …

Die voorlopige beplanning is om die die elektrisiteit Maandag tot Vrydag tussen 06:00 en 08:00 te sny en ook tussen 17:00 en 19:30. Naweke (Saterdag en Sondag) sal die krag af wees tussen 08:30 en 11:00 en tussen 15:00 en 17:30.

Areas wat hierdeur geaffekteer sal word is Vanderbijlpark, Vereeniging, Sebokeng, Boipatong, Tshepiso, Sharpeville en Evaton.

Enige besware, kommentaar of voorleggings kan gestuur word na:

Senior Manager: Key Accounts

18 Lesliestraat, Vereeniging, 1930

of

PO Boc 5001, Rivonia, 2018

of

emfulenipaja@eskom.co.za

of

faks: 086 621 3624

Die sluitingsdatum om beswaar aan te teken is op 8 September. 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button