NewsNews

Duisende eerstejaars Saterdag op kampus

Duisende eerstejaarstudente was Saterdag op die NWU se Potchefstroomkampus. Die amfiteater was propvol eerstejaars en hul ouers. Foto: Marianke Saayman Duisende eerstejaarstudente was Saterdag op die NWU se Potchefstroomkampus. Hierdie studente en hul ouers besoek die kampus vir die begin van die amptelike Registrasie en Oriëntasieprogram (R&0). Tydens dié geleentheid ontmoet eerstejaars onder meer hul …

Die amfiteater was propvol eerstejaars en hul ouers. Foto: Marianke Saayman

Die amfiteater was propvol eerstejaars en hul ouers. Foto: Marianke Saayman

Duisende eerstejaarstudente was Saterdag op die NWU se Potchefstroomkampus.
Hierdie studente en hul ouers besoek die kampus vir die begin van die amptelike Registrasie en Oriëntasieprogram (R&0). Tydens dié geleentheid ontmoet eerstejaars onder meer hul koshuisouers, kom meer te wete oor die fakulteite waar hul gaan studeer, kry studentekaarte en woon in die volgende paar dae verskeie oriëntasiesessies by om hulle meer tuis te laat voel by die universiteit.
Saterdag was geen uitsondering nie en volgens Louis Jacobs, NWU woordvoerder, is ongeveer 5 000 eerstejaars op die kampus verwag. Saam met hul ouers is sowat 15 000 mense op die kampus verwag.
“Die NWU, al drie kampusse ingesluit, het sowat 56 000 aansoeke ontvang en kan sowat 9 200 eerstejaars akkommodeer,” het Jacobs gesê.
Volgens hom begin registrasie eers einde Januarie, waarna die finale syfers van die aantal eerstejaars wat vanjaar gaan begin studeer, bekend sal wees.
In reaksie op die pres. Zuma se aankondiging oor gratis onderrig vir sekere voornemende studente, sowel as uitlatings deur die EFF wat studente aangemoedig het om by universiteite op te daag en aan te dring op registrasie, het Jacobs verseker dat gebeurlikheidsplanne in plek is om die universiteit veilig te hou.
“Ons amptelike beleid is dat inloopregistrasies nie toegelaat sal word vir 2018 nie. Soos enige universiteit, is nuwe inname gedoen in lyn met die inskrywingsplan soos ooreengekom met die departement van hoër onderwys,” het Jacobs gesê.
Volgens hom sal slegs voornemende studente wat aansoek gedoen, voldoen het aan die toelatingsvereistes en aanvaar is, toegelaat word om vir 2018 te registreer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button