NewsNews

Veerpyltjiespelers verloor nóg ’n groot legende

Mariaan Pretorius is Maandagmiddag in die ouderdom van 49 jaar oorlede, ná ’n  lang siekbed waartydens sy verskeie kere gehospitaliseer was. Haar dood volg net ses maande ná die dood van haar man, die veerpyltjielegende, Kassie Pretorius. Mariaan was self ’n  baie kranige veerpyltjiespeler en baie nou gemoeid met die organisering van toernooie wat Kassie …

Mariaan Pretorius is Maandagmiddag in die ouderdom van 49 jaar oorlede, ná ’n  lang siekbed waartydens sy verskeie kere gehospitaliseer was.
Haar dood volg net ses maande ná die dood van haar man, die veerpyltjielegende, Kassie Pretorius.
Mariaan was self ’n  baie kranige veerpyltjiespeler en baie nou gemoeid met die organisering van toernooie wat Kassie tot en met sy dood nie net in Suid-Afrika nie, maar ook buite die landsgrense hanteer het.
Sy het juis, trou aan haar belofte aan hom, nog in Desember kort voordat sy siek geword het, die Kassie Pretorius Veerpyltjie Classic-toernooi in Parys aangebied met groot sukses.
Mariaan was ’n  raakvat-mens, baie liefdevol en stylvol, en wie altyd die beste vir ander sou gee. Haar kleinkinders was haar alles.
Die private gedenkdiens sal op haar verjaardag, 6 Maart gehou word. Sy word oorleef deur haar 2 dogters, 2 seuns en 11 kleinkinders.
Mariaan was die afgelope sowat 13 jaar in Parys gevestig, en het voorheen ook in Vredefort gebly.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button