NewsNews

Kewers en Duinebesies lok besoekers nader

Parysenaars en besoekers aan die dorp kon die afgelope naweek ’n nostalgiese terugblik kry met ’n Volkswagen-dag wat by Parys Total gehou is.


Talle pragtige Kewers, Duinebesies en selfs twee “Katkop Bakkies” was deel van die uitstalling. Die bufferstrook was amper té kort vir al die motors. Weens die sluiting van die R59, kon nog ʼn paar Kewers nie by die groep aansluit nie.
Barney van Heerden, Kobus de Klerk en Reinier van Rooyen het in Januarie vanjaar al begin beplan aan die motorskou. Planne het vlot verloop en Saterdag was die Vollas netjies op die bufferstrook reg voor Parys Total geparkeer.
Die uitstalling het groot belangstelling gelok en selfs vragmotorbestuurders wat verby gery het, het die nekke gerek om na dié skouspel te kyk. Eienaars van die motors wat deel was van die uitstalling is met ‘n luide getoet begroet.
Die dag het ook saamgeval met die Dome motorfietssaamtrek wat by die Mimosa Tuine in Parys gehou is.
Die Nederduits Hervormde Kerk het reggestaan met eetgoed vir besoekers en die dag is deur baie geniet deur die toeskouers en uitstallers.
Nog motorskoue word vir die jaar beplan. Baie dankie aan al die organiseerders vir ʼn suksesvolle skou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button