NewsNews

Groot skade ná protes in Heilbron

Naale sê alle partye het saamgestem dat leerlinge weer vanaf Dinsdag 21 Augustus moes terugkeer skool toe.

Heilbron – Heilbron is verlede week in chaos gedompel, met groot skade weens betogings en onrus in dié Vrystaatse dorp.
Skade is aan munisipale geboue en privaat-eiendom aangerig, met ontevrede inwoners wat eiendom geplunder het uit woede omdat Heilbron-inwoners glo nie in poste by die munisipaliteit aangestel word nie. Die munisipaliteit stel glo net werkers van Parys aan, word gesê.
Die Vryheidsfront Plus het in antwoord hierop gesê die ANC gaan in aanloop tot die verkiesing in 2019 dit toenemend moeilik vind om gerugte van korrupsie in die kiem te smoor.
“Die ANC se gebrek aan prioriteit om munisipaliteite reg te ruk, skep die indruk dat die regerende party nie wil hê munisipaliteite moet effektief funksioneer nie.”
“Dit is ‘n gevaarlike benadering, want sentralisering van regering sal meer ongelykheid en spanning tussen gemeenskappe veroorsaak. Die spanning is reeds sigbaar in Heilbron,” sê die party.
Steve Naale, woordvoerder van die Ngwathe munisipaliteit, het Maandag gesê dat orde intussen in Heilbron herstel is, en dat die munisipaliteit en rolspelers in die regering, maar ook in die private sektor, reeds samesprekings gevoer het oor die situasie in Heilbron.
Van die punte onder bespreking was dat skole en besighede in Heilbron weer moet heropen, stabiliteit in die dorp herstel moet word, werksgeleentheid-inisiatiewe nodig is waarby alle inwoners betrek moet word, die regering en ander rolspelers moet saamwerk om ’n einde te bring aan die beskadiging van eiendom met die hulp van veiligheidstrukture, en dat intimidasie van inwoners moet stop.
Naale sê alle partye het saamgestem dat leerlinge weer vanaf Dinsdag 21 Augustus moes terugkeer skool toe.
Hy sê daar sal ook voortgegaan word om alle rolspelers te vra om hul samewerking te gee om vreedsame en werkbare oplossings te vind, en dat die proses voortdurend gemonitor moet word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button