NewsNews

Die Weste se Springboklegende oorlede

Die Weste se Springboklegende oorlede

Prof. Johan Claassen sit trots langs sy Springbokbaadjie. Claassen is sekerlik Wes-Transvaal se grootste en belangrikste Springbok. Claassen is ook die oudste lewende Springbokkaptein

Prof. Johan Claassen sit trots langs sy Springbokbaadjie. Claassen is sekerlik Wes-Transvaal se grootste en belangrikste Springbok. Claassen is ook die oudste lewende Springbokkaptein

Die voormalige Springbok kaptein en slot, Johan Claassen is vandag (6 Januarie) op die ouderdom van 89 oorlede.
Claassen was die oudste oorlewende Springbok-slot en hy was as speler bekend vir sy harde spel waar hy alles op die veld gegee het.
Vanaf 1955-1962 verteenwoordig hy die Springbokke in 28 toetse en word nie een keer uit die span gelaat nie. Hy het ook nege keer die span as kaptein met vermelding na vele bekende oorwinnings gelei.

Hy het in 105 wedstryde vir Wes-Transvaal gespeel en was ook vanaf 1977-1998 president van die Wes-Transvaal Rugbyunie.

Claassen het die Springbokspan van 1968-1976 afgerig en met ‘n skerp rugbybrein groot sukses behaal met 17 oorwinnings, drie gelykop uitslae en slegs ses nederlae.

Claassen los ‘n groot leemte in SA rugbykringe en sal vir altyd as een van die groot geeste van SA Rugby beskou word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button