
Dele van die dorp is steeds sonder krag na kabeldiewe se poging vanoggend in die vroeë oggendure om ondergrondse elektriese kabels by die waterwerke in Parys te steel.
Die Ngwathe munisipaliteit se tegnici span werk sedert vanoggend onverpoosd om herstelwerk te doen.
Vanoggend is geskat dat die herstelwerk van kragtoevoer na dele wat sonder krag is, tot 4 ure kon duur.
Dit raak ook watervoorsiening vir die dorp.
Dit is nog nie seker wanneer die herstelwerk voltooi sal wees nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



