NewsNews

Potch pa gyselaar – gesin hou hoop

Potch pa gyselaar – gesin hou hoop

“Kyk mooi na jouself, doen wat hulle van jou verwag en kom huis toe na ons.”

Dit is die boodskap wat Amanda Bothma vir haar man, Christo wat teen sy wil in Noord-Afrika aangehou word, sou wou gee.

Christo (53) is op 23 September in Burkina Faso in Inata, waar hy as passer en draaier by die Inata-myn gewerk het, ontvoer.

Sy werkgewer van die Balaji-groep se 26-jarige seun en hul motorbestuurder is ook saam met hom deur ’n ekstremistiese groep gekaap toe hulle die Sondagoggend van Inata na die dorp Djiba gery het.

Christo was aan die einde van sy vier-maande skof en sou op 10 Oktober na Potchefstroom terugkeer om vir twee weke vir sy familie te kom kuier. Christo is een van twee Suid-Afrikaners wat tans in die Sahel-gebied gyselaar gehou word.

“Niemand weet regtig wie Christo ontvoer het nie. Daar is sprake dat dit ’n groep van al-Qaeda is, maar dit is nie bevestig nie,” sê Amanda.

Christo se dogter, Mariska (20), sê die gesin is baie bekommerd oor hul pa se welstand aangesien hy hoë bloeddruk en suikersiekte het.

“Ons hoop en bid maar net dat hy sal kan huis toe kom,” sê Amanda.

* Lees die volledige artikel in Donderdag, 28 Maart, se Potchefstroom Herald.

Amanda Bothma en twee van haar kinders, Mariska en Jacques, is baie bekommerd oor pa Christo wat in Noord-Afrika aangehou word. Foto: Marianke Saayman

Amanda Bothma en twee van haar kinders, Mariska en Jacques, is baie bekommerd oor pa Christo wat in Noord-Afrika aangehou word. Foto: Marianke Saayman

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button