NewsNews

Drie sterf in botsing op R59

Drie sterf in botsing op R59

Drie mense is vanmiddag, 5 Mei,  dood na ‘n kop-aan-kop botsing op die R59 naby Sasolburg waarin drie voertuie betrokke was.

Die botsing het kort na 16:00 gebeur. Met paramedici van ER24 se aankoms op die toneel, is drie insittendes in 1 van die motors gekry van wie  ‘n seuntjie, vermoedelik 5-jaar oud, en ‘n man, wat beide noodlottig beseer is en op die toneel dood verklaar is. Die vrou in dieselfde voertuig het ligte beserings gehad en is na ‘n naby gelee hospitaal vervoer.

 

‘n Man wat in die tweede voertuig was, is kritiek beseer, en is ook later op die toneel dood verklaar. Sy mede-passasier in dieselfde voertuig is nie beseer nie.

Die insittendes van die derde voertuig is nie beseer nie.

Ons diepe medelye met die familie van die oorledenes.

.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button