9-jarige Meyertonner sterf tragies
'n Skokgolf van ongeloof en hartseer het Dinsdag Meyerton getref toe 'n 9-jarige seun in die Sterkfontein omgewing op een van die kleinhoewes in 'n drein geval en verdrink het.
MEYERTON. – ‘n Skokgolf van ongeloof en hartseer het Dinsdag Meyerton getref toe ‘n 9-jarige seun in die Sterkfontein omgewing op een van die kleinhoewes in ‘n drein geval en verdrink het.
Netwerk24 berig dat die ontslape Jean van Staden, ‘n leerling aan die Laerskool Voorwaarts in Meyerton. omtreeks 12:00 Dinsdagmiddag verdwyn het. Volgens sy ouma Mariena van Staden het hy saam met maats gespeel en spoorloos verdwyn. Die eienaars van die kleinhoewe waar die kinders gespeel het, het nooddienste ontbied.
Noodwerkers het Jean 17:00 in ‘n drein gevind. Die opening van die drein het glo nie ‘n deksel opgehad nie. Noodwerkers moes glo eers water uit die drein pomp voordat sy lyk uitgehaal kon word. Volgens Netwerk24 het reddingswerkers hom vergeefs probeer by bring. Volgens kapt. Teboho Lephoto, polisiewoordvoerder, word ‘n geregtelike doodsondersoek gedoen.