
Parys Motors het gesorg dat die wiele weer draai vir die plaaslike Dierebeskermingsvereniging (DBV) tak.
Danksy die onderhandelings en soektog van Parys Motors kon die DBV ‘n bekostigbare bakkie kry met ’n kappie en diefwering voor, sodat dit veilig is vir die vervoer van die honde.

’n Groot dankie vir die hulp om te kon voorsien in die groot nood van die DBV wat vir jare al ’n behoefte gehad het aan ’n betroubare en veilige voertuig vir die vervoer van die diere.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



