NewsNews

Beskuldigdes hoor later oor borgtog

Beskuldigdes hoor later oor borgtog

VANDERBIJLPARK. – Drie van die beskuldigdes in die opspraakwekkende Amy’Leigh-ontvoeringsaak sal tot Vrydag 11 Oktober moet wag om te hoor of hul aansoeke om borgtog toegestaan sal word, aldan nie.

Die regsverteenwoordigers vir Tharina Human (27), Laetitia Nel (40) en Pieter van Zyl (50) het vandag, Dinsdag 1 Oktober in die Vanderbijlpark Streekhof redes aangevoer oor waarom die beskuldigdes op borgtog vrygelaat behoort te word.

Die staat het al drie se borgaansoeke teengestaan met die staatsaanklaer, Luanda Ngcobo, wat aangevoer het dat dit in die belang van die publiek, sowel as vir die beskuldigdes se eie beswil is dat hulle in aanhouding bly vir die duur van die saak.

Landdros Hussein Khota het voordat hy die saak uitgestel het gesê dat die hof nou die belang van geregtigheid teen die persoonlike vryheid van die verdagtes sal moet opweeg.

Hofverrigting het tot op hede reeds 2 en ’n half dae in beslag geneem en al die feite, argumente en teenargumente sal opgeweeg word alvorens uitspraak gelewer kan word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button