NewsNews

Bekroonde NWU professor sterf

Prof. Elda de Waal, ‘n bekroonde professor aan die NWU se Potchefstroomkampus, is gister (7 November) in die ouderdom van 63 jaar oorlede.   Sy het in 2001 haar loopbaan aan die NWU begin. Volgens Kiewiet Scheppel, ‘n woordvoerder van die NWU was prof. de Waal se passie vir die onderwys van die begin van …

 

Sy het in 2001 haar loopbaan aan die NWU begin.

Volgens Kiewiet Scheppel, ‘n woordvoerder van die NWU was prof. de Waal se passie vir die onderwys van die begin van haar loopbaan af duidelik sigbaar.

“Dit, saam met ’n werksetiek wat geen grense ken nie, het tot talle nasionale en internasionale erkennings gelei,” sê Scheppel.

Sy het tot onlangs nog as waarnemende direkteur van navorsing by die navorsingseenheid Edu-HRight (Onderwys en Menseregte in Diversiteit) aan die Noordwes-Universiteit gedien.

Tot met haar heengaan het sy haar uitstekende werk as ’n navorsingsprofessor in die Fakulteit Opvoedkunde voortgesit. Onder die verskeie toekennings wat sy ontvang het, is sy in 2018 tydens die CEO Global se Pan African Awards-seremonie as een van die invloedrykste vroue in Afrika benoem.

Haar navorsingsgebiede sluit skooleffektiwiteit, veiligheid, onderwysuitdagings, sosiale wetenskappe, regte, onderwysreg en wetgewing in. Haar werk het ’n direkte impak op duisende skole regoor Suid-Afrika gehad.

Sy het verskeie boeke gepubliseer, insluitende ’n boek oor die regte van plaasskoolleerders op basiese onderwys, die manier om skoolboelies te hanteer, die impak van onderwysers se emosionele intelligensie, die basiese menseregte van onderwysers, en die verhouding tussen onderwysers en leerders in openbare skole.

As kundige op haar gebied het sy dikwels in die media oor onderwysverwante onderwerpe opgetree, en het sy ’n produktiewe bydrae op verskeie platforms gelewer.

Sy het ’n waardevolle rol in die bou van die universiteit se reputasie gespeel, en is deur die universiteit hiervoor vereer.

“Deur haar merkwaardige prestasies, en as ’n kollega en ’n vriend, is Elda se nalatenskap onvergeetlik, en sal waarskynlik nie in die toekoms nagedoen kan word nie. Sy was enig in haar soort, en ons kan net aspireer om in haar voetspore te volg.  Die fakulteit wil aan haar familie en vriende ons opregte meegevoel betuig. Ons gedagtes en gebede is met julle in hierdie moeilike tyd,” sê prof. Lloyd Conley, uitvoerende dekaan vir die Fakulteit Opvoedkunde.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button