AfriForum Parys het verlede week uitgereik na bejaardes van Sonskyn Afrtreeoord, OCSA, Serendepity en Epilepsie SA, waar vars groente en vrugte afgelaai is. Daar is ook gehelp met water by verskeie punte waaronder ook die DBV, terwyl die dorp vir dae sonder water was.
AfriForum sal voortaan poog om weekliks groente en vrugte by dié punte af te gee. Met verlede week se skenking is onder meer aartappels, uie, kool, pampoen, groenbone en appels afgelaai wat deur AfriForum aangekoop is.
Mense wat wil aansluit by AfriForum se WhatsApp-groep of meer te wete wil kom van die aksies van AfriForum, kan Fanie Kruger by 072 989 0901 skakel.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



