
Eskom stel van vandag Vrydag 5 Februarie om 12:00 weer buurtkrag in en kan jy jou maar regmaak vir beurtkrag oor die hele naweek.
Vir Parysenaars beteken dit vandag (Vrydag 5 Februarie) dat die ligte af sal wees van 14:00 tot 16:30.
Die rede vir die kragdonkerte is swaar reën in Limpopo wat veroorsaak het dat 5 opwekkingseenhede by Eskom se Medupi-kragstasie afgeskakel moes word. Die reën het die voer van die steenkool na Medupi bemoeilik. Eskom het al sedert Maandag gewaarsku dat die netwerk oor spits verbruiktye onder groot druk is.
Saterdag sal Parys fase 2 beurt krag hê om 14:00 tot 16:30 22:00 tot 00:30
Sondag 7 Februarie se beurtkragtyd vir Parys op fase 2 is 22:00 tot 00:30
Onthou dat Eskom te enige tyd na ‘n ander fase kan oorskakel en dat tye dan kan verander.



