
Ten spyte van die ongelooflike uitdagings wat Covid-19 vir die onderwys gebring het met bykans ’n kwartaal se onderrig wat verloor is, het die matriekklas van 2020 en leerkragte gewys wat gedoen kan word met selfs meer onderskeidings vir die 2020 matrikulante, vergeleke met 2019.
Meer matriekleerlinge het ook universiteitsvrystelling gekry as in vorige jare. Dit is egter die Vrystaat wat kan spog met die hoogste slaagsyfer van 85,1%, gevolg deur Gauteng, die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal, Noordwes, Mpumalanga, Limpopo en die Oos-Kaap. Die algehele slaagsyfer vir matrikulante oor die land vir die 2020-eksamen was 76,1%. Daar was vir 2020, 607 000 voltydse matriek kandidate en 117 000 deeltydse kandidate. Die vraestelle is by 179 nasiensentrums gemerk. So lyk Hoërskool Parys se uitblinkers vir 2020
So lyk Hoërskool Parys se uitblinkers:

Drie vakonderskeidings is behaal deur Michelle Botes, Zani Jansen van Vuuren, Naledi Lema en Shanya van der Westhuizen.
Lees ook in hierdie week se Gazette meer oor van die uitblinkers se toekomsplanne.
Nog Parysenaars wat uitgeblink het was:
Ané Meyer (7 vakonderskeidings)
Frikkie Scheepers (7 vakonderskeidings)
Heindrich Harmse (5 vakonderskeidings)
Bernard van Tonder (4 vakonderskeidings)
Tiaan Bell (3 vakonderskeidings)
Jarod Kruger (3 vakonderskeidings)
*As daar nog toppresteerders is wie se name per abuis uitgelaat is, laat weet ons asseblief sodat ons aan alle matrikulante erkenning kan gee.
Ons is trots op elke matrikulant van 2020!!!



