

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens doen ‘n dringende beroep op bloedskenkers om bloed te skenk. Bloedvooraad is tans kritiek laag en alle bloedskenkers se hulp word gevra – veral dié met bloedgroep O.
Die Bloeddiens benodig daagliks 3 500 eenhede bloed.
Skenkers wat nie die afgelope paar maande geskenk het nie, word gevra om asseblief te gaan skenk.
Parysenaars kan help om ‘n verskil te maak wanneer die mobiele skenkerskliniek Parys gedurende April op die volgende datums sal besoek:
Saterdag 24 April – Checkers Parys 10:00 – 15:00
Dinsdag 27 April – Checkers Parys 10:00 – 15:00
Donderdag 29 April – Hervormde Kerksaal, h/v Loop- en Paulsentraat, Parys 12:00 – 18:00
Om te kan bloed skenk moet jy:
* Minstens 50kg weeg
* Goeie gesondheid geniet
* ‘n Veilige leefstyl handhaaf
* Tussen 16 en 75 jaar oud wees




