News

SAPD, GPF deel veiligheidswenke met bejaardes

SAPD, GPF deel veiligheidswenke met bejaardes

 

Anne-marie du Toit, voorsitter van Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) en a.o Jan le Roux van Parys SAPD, het Donderdag, 28 Oktober die Amot tehuis vir bejaardes besoek waar algemene veiligheidswenke met die bejaardes gedeel is. Daar is veral weer klem daarop gelê dat mense versigtig moet wees vir internetbedrog en ‘vinnige geldmaak-slenter’.

Onthou as iets té goed klink om waar te wees, is dit waarskynlik net ‘n slenter. Jy kan onder geen omstandighede jou persoonlike besonderhede, bankbesonderhede of pinnommers en wagwoorde aan mense gee wat jy nie ken nie. Nog minder geld sommer net oorplaas of betaal vir vreemdes van wie jy geen verwysing het nie, en waarvan die egtheid van die storie wat daarmee saam vertel word, nie met sekerheid vasgestel kan word nie. Hier is van die wenke wat inwoners ook gerus in gedagte kan hou, veral nou met die feesseisoen:

Misdadigers is selfs bedrywig in supermarkte.

Maak seker jy let op die volgende:

* Moet nooit jou handsak of beursie in jou supermarkwaentjie laat nie – selfs al is dit weggesteek agter jou aankope.

* Moet nooit jou handsak of beursie op ‘n toonbank laat en wegbeweeg nie. Misdadigers het genoeg tyd om dit te gryp, al kyk jy net vir ‘n paar sekondes weg.

* Wees op jou hoede vir sakkerollers en handsakdiewe.

* Moet nooit jou beursie in ‘n sigbare agter- of kantsak dra nie. Hou jou handsak stewig vas naby jou liggaam en moet onder geen omstandighede gehoor gee aan mense wat jou in ‘n winkel of parkeerterrein wil nader met een of ander slimpraatjie waarmee jy kwansuis geld kan wen of kan afslag kry nie.

Baie keer is hierdie net ‘n slenter wat jou aandag aftrek of waarmee misdadigers jou persoonlike inligting maklik bekom. Rapporteer misdaad by die polisie, selfs al vermoed jy net iets is nie pluis nie.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button