

Die plaaslike tak van Solidariteit Helpende Hand het onlangs na Parys Primêre skool en Parys Christelike Skool uitgereik waar toiletware en sanitêre benodigdhede as deel van die organisasie se Help Hetta Projek oorhandig is. Die projek kyk spesifiek na die behoeftes van tienerdogters.

Juffrou Strauss ontvang die skenking namens Parys Primêre Skool van die plaaslike tak van Solidariteit Helpende Hand. Foto: Verskaf
Op die foto is van links Debbie van Tonder, Vivienne Koch (skoolhoof) en Matty Last (Solidariteit Helpende Hand Parys-tak). Foto: Verskaf
Meer oor Solidariteit Helpende Hand: Solidariteit Helpende Hand is ‘n selfstandige organisasie binne die groter Solidariteit-groep wat daarna streef om sterk, selfstandige gemeenskappe te bou. Hulle bied verskeie nasionale projekte aan wat gemik is op kleuters, skoliere, gesinne, bejaardes en gestremdes. Dit word aangevul met projekte deur vrywilliger-takke Taklede dien as Helpende Hand se hande en voete in die gemeenskap. Behoeftes in die gemeenskap word só geïdentifiseer en dan deur die tak aangespreek waar moontlik. Al wat jy hoef te doen om die werk van Solidariteit moontlik te maak om op soveel maniere ‘n verskil in die gemeenskap te maak, is om so min as R50 ‘n maand by te dra vir Solidariteit Helpende Hand. As jy graag meer wil weet van die organisasie, en hoe jy betrokke kan raak, skakel vir Matty Last by 072 267 9758.




