
Hoërskool Parys se swemmers het uitstekend gevaar by die Noord-Vrystaat Interhoër swemgala wat op 7 en 8 Februarie by die Penny Heyns-swembad in Sasolburg gehou is.
Die swemmers wat onder die top drie plekke geëindig het, is:
Seuns o.14: Henk Small, Xander Pretorius, MW Supra en Dregan Brink
Dogters o.15: Bay-Linn Oelofse Seuns o.16: Zandré van Riet
Seuns o.17: Diaan Brink
Dogters o.17-18: Megan Daniel
Hierdie swemmers het gekwalifiseer om op 23 en 24 Februarie in Bloemfontein aan die Vrystaatse Interhoër swemkampioenskappe te neem.
Die aflosspanne het ook uitstekend gevaar by die NVS Interhoër en behaal die do.17-18 aflosspan ‘n tweede plek. Megan Daniel, Bay-Linn Oelofse, Hanné Hayes en Mianke Croucamp was deel van dié span. Die so.13-14 aflosspan waarvan Henk Small, Dregan Brink, Xander Pretorius en MW Supra deel was, behaal ook ‘n tweede plek.




