NewsNews

Misdaad raak almal: Só kan jy die polisie help om jou omgewing veilig te hou

Misdaad raak almal: Só kan jy die polisie help om jou omgewing veilig te hou

Gemeenskapspolisiëring snoer die polisie en ‘n gemeenskap saam wat die oplos van misdaadprobleme betref, maar dit kan net suksesvol wees as ‘n gemeenskap saamwerk en betrokke is.
Die doel van ‘n Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) is juis om ‘n veilige omgewing vir die gemeenskap te skep.
• Die GPF help die polisie en die plaaslike gemeenskap om saam te werk en vennote teen misdaad te wees.
• Hul identifiseer en los probleme op rondom misdaad, wanorde, vrese en sou daar swak dienslewering wees deur die polisie. Dit beteken dat die GPF die forum is waar Jan en San Pubiek in gesprek met die polisie kan wees. Deur dit te doen kan hul vasstel waar spesifieke misdaadprobleme en vrese rondom misdaad is wat dalk nie altyd aangemeld word nie, dit wat jy sou opmerk in jou omgewing wat jou bekommer, en selfs sou jy ‘n probleem met die aanmeld van misdaad of ander verwante polisie aangeleenthede ondervind het.
• Op die manier verbeter ‘n GPF wat goed funksioneer kommunikasie tussen die polisie en die gemeenskap.
• Hul vind wyses om die polisiediens meer deursigtig en verantwoordelik te maak.
• Hul spoor die media aan om billik en regverdig te wees in hul rapportering oor die polisie.
• Hul monitor die polisiediens, insluitende klagtes, besoeke aan selle en patrollering.
• Hul help verskillende etniese groepe om beter saam te werk.
• Die GPF tree altyd op ‘n volwasse en beleefde wyse teenoor die polisie op.
Die GPF van Parys funksioneer in terme van Hoofstuk 7 van die Wet op die Suid Afrikaanse Polisiediens, 68 van 1995.
Hoe raak jy betrokke by die GPF?
Parys GPF vergader maandeliks by die lesingkamer van die Parys-polisiestasie. Hoewel die vergadering gewoonlik smiddae gedurende werksure is, is daar nou ook geleentheid vir mense om via die platform, Teams, te kan inskakel waar jy by die kantoor of huis kan luister na wat gesê word, en ook aan die gesprek kan deelneem.
Die vergaderings is oop vir die publiek en enigeen kan dit bywoon. Die stasiebevelvoerder en GPF-komitee luister na voorstelle, rapporteer terug oor misdaad, en bespreek hier sake waaroor in die vorige vergadering gepraat is.

Met die volgende GPF-vergadering op 23 Junie, sal daar weer geleentheid wees vir mense om via die Teams-platform in te skakel. Dit word om 18:00 gehou juis om meer mense die geleentheid te gee om dit by te woon. Gazette sal die skakel plaas wat jy kan volg sodra dit deurgegee word.

As jy nie toegang het tot Teams nie, kan jy die GPF-voorsitter, Annemarie du Toit by 082 437 5737 skakel om te reël dat jy die vergadering by die polisiestasie kan bywoon. Omdat sitplek beperk is by die polisiestasie, is dit nodig dat jy vooraf sal aandui as jy die vergadering fisies wil bywoon.
Maak erns en raak betrokke by die GPF. Daar is ook ‘n WhatsApp-groep waar alle GPF vergaderingsdatums en relevante inligting oor die GPF deurgegee word.
Jy kan met Annemarie gesels as jy ingesluit wil word op die GPF WhatsApp-groep.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button