News

Ou ampsmotors uiteindelik onder die hamer

Ou ampsmotors uiteindelik onder die hamer

Die langverwagte veiling van onder meer twee luukse motors wat voorheen as ampsmotors vir die Ngwathe munisipaliteit gebruik is, sou Woensdag, 8 Junie by die munisipale magasyn gehou word.
Onder die motors wat onder die hamer moes kom was ‘n luukse Mercedes Benz ML en Audi Q7, sowel as die brandweer se noodreaksievoertuig wat vroeër ernstig in ‘n sekondêre botsing op die N1 beskadig is.
Die Mercedes was vroeër jare die ampsmotor van Ngwathe se burgemeester, maar is ná ongelukskade wat swak herstel is, met ‘n nuwe ampsmotor vervang. Sedertdien het die ou ampsmotor vir baie lank ongebruik en nutteloos, tesame met ‘n luukse laatmodel Audi-motor wat vroeër deur Ngwathe se speaker gebruik is, by die brandweerstasie gestaan
Ngwathe se hoof finansiële beampte, mnr. Lebusa, het in Maart vanjaar by navraag van Gazette bevestig dat die motors voor 30 Junie vanjaar opgeveil sal word.
Daar is al in Desember 2020 besluit om van oorbodige munisipale roerende bates wat naas dié voertuie, ook meubels, rekenaars en toerusting insluit, ontslae te raak met ‘n veiling wat op ‘n ope en deursigtige wyse gehou moet word. ‘n Afslaer moes toe aangestel word om die veiling te finaliseer, en is die proses vir die aanstel van Auction24 op 6 Mei verlede jaar afgehandel, het Lebusa bevestig.
In die lig van die beperkings van die Covid-19 pandemie moes die veiling egter uitgestel word.
Ngwathe se uitvoerende burgemeester, rdl. Victoria de Beer, het Maandag teen Gazette se druktyd bevestig dat die veiling Woensdag gehou sou word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button