News

Geld en Covid hou tronk-projek gevange

'n Projek van R282 miljoen om die Parys Korrektiewe sentrum te vergroot en op te knap staan al vir maande stil nadat die kontrakteur se kontrak beeindig is weens swak prestasie

Kontantvloei probleme van die kontrakteur wat die Korrektiewe Dienste-sentrum in Parys moes vergroot en opgradeer, was die hoofrede waarom konstruksiewerk nie binne die vyf jaar kontraktermyn voltooi is nie, en al vir maande onklaar staan. Die situasie is deur Covid vererger.

Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Sihle Zikalala, het verlede week die Korrektiewe Dienste-sentrum in Parys, asook die Parkweg polisiestasie in Bloemfontein besoek waar konstruksiewerk ook vertraag is met gevolglike ontwrigting en addisonele projekkoste. Sy besoek was om te reageer op oudits op onvoltooide en geblokkeerde projekte.

Die sloering van spesifiek die bouprojek by die Korrektiewe Dienste-sentrum in Parys, het enorme logistieke uitdagings en koste vir Departement Korrektiewe Dienste gebring, met die vervoer van gevangenes en personeel na naburige fasiliteite. Boonop plaas dit bykomende druk op reeds vol korrektiewe fasiliteite.
Parys se bestaande korrektiewe fasiliteit kon 84 gevangenes huisves, maar sou met die opgraderingsprojek uiteindelik ‘n nuwe generasie fasiliteit bied wat 290 gevangenes moes huisves. Dit sou onder meer voorsie- ning maak vir ‘n mediese fasiliteit, onderrig en opleidings fasiliteite, ‘n sokkerveld, en gesofistikeerde sekuriteitselsel met ‘n sentrale beheerkamer.

Die projek is in Desember 2018 aan NJR Projects (wat later hul naam verander het na die G5 Group) toegeken teen ‘n bedrag van R282 miljoen. In Februarie 2019 is die bouperseel aan die kontrakteur oorhandig, en moes die 36 maande kontrak teen April vanjaar voltooi wees. In Februarie vanjaar is die kontrak egter met G5 beeïndig weens swak prestasie.

Luidens ‘n verslag was die projek toe net 55% voltooi met die kontraktermyn wat al byna verstryk het. Van die toege-kende kontrakkoste is R130 879 446,811 reeds spandeer, en sal ‘n nuwe kontrakteur nou aangestel moet word om die projek te voltooi. Die hoop is dat die projek teen April 2025 voltooi sal wees sodra ‘n nuwe kontrakteur einde Augustus vanjaar aan- gestel word. Met die terreinbesoek verlede week was dit egter duidelik dat baie werk nog gedoen moet word, en dat skade aan die halfklaar geboue wat in wind en weer staan, te wagte is. Die bouperseel word sedertdien bewaak om vandalisme te voorkom.

Die minister het met sy besoek gesê dat die sloering met projekte soos hierdie ‘n negatiewe impak het op die nasionale prio- riteit van veiliger gemeenskappe, en die stryd teen misdaad. Hy het ook gesê dat sy departement dit ‘n prioriteit maak om geblokkeerde projekte weer op dreef te kry as deel van ‘n omkeerstrategie. Hy het gesê departement openbare werke en infrastruktuur is ‘n belangrike deel van dienslewering, omdat dit die infrastruktuur van ander departemente moet daarstel. Minister Sihle Zikalala (foto) is vergesel deur die LUR van Openbare Werke en Infrastruktuur VS, Dibolelo Mance.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button