
Die Kwêla Dorp van die Jaar vir 2023 sal op 6 Augustus aangekondig word.
Die dorp met die meeste stemme wen ‘n ongelooflike R1 miljoen se bemarkings- waarde van kykNET. Homebrew films, die vervaardigers van Kwêla sal ‘n 45 sekonde advertensie oor die dorp maak, wat gedurende kykNET se advertensietyd uitgesaai sal word. Daar word ook ‘n groot opskop in die wendorp gehou, en daar is R1 miljoen se prysgeld vir die wendorp op die spel, geskenk deur Lottoland.
Die geld wat die wendorp ontvang, sal toegeken word aan die organisasie wat die Kwêla Dorp van die Jaar-veldtog in die dorp gedryf het, en vooraf ‘n besigheidsplan moes indien van wat die organisasie beoog om vir die dorp te doen met die wenmiljoen. Lottoland sal ‘n oog hou oor die vordering van die projek wat in die wendorp aangepak word, terwyl Kwêla ook die vordering van die projek sal verfilm.
In Parys se geval is die veldtog deur Mooi- Parys gedryf.
Vanjaar se finalisdorpe wat om die wentitel meeding is:
Vrystaat – Parys
KwaZulu Natal – Margate
Limpopo – Rooiberg
Gauteng/Noordwes – Hartebeespoort
Mpumalanga – Delmas
Noord-Kaap – Nieuwoudtville
Oos-Kaap – Willowmore
Wes-Kaap – Bonnievale
Namibië – Walvisbaai
Die gelukkige wenners van die pryse wat Parysenaars verlede week kon wen wanneer hulle vir die dorp gestem het, en dan ‘n kompetisie inskrywingsvorm ingevul het, word vandag Vrydag, 28 Julie tussen 12:00 en 14:00 bekendgemaak tydens die uitsending op Parys Aanlyn Toerisme Radio. (https://eu10.fastcast4u.com/parysonlineradio)



