My kleuter byt! Hoe moet ek dit hanteer?
As ouer wil mens dadelik die vinger na jouself wys en die blaam vierkantig op jou eie skouers laai. Dit is egter nie nodig nie, want glo dit of nie - dit is normaal en dikwels die kleuter se manier van kommunikeer, sê Yolandi. Nietemin, 'n mens kan dit ook nie net aanhou ignoreer nie en daarom is dit nodig om die saak reg te benader en te hanteer.

Afrikaans.com het met die vroeë kinderontwikkelingspesialis en eienaar van Oasis Club Learning, Yolandi van den Heever-Breytenbach, gesels oor wat ouers te doen staan as hulle kleuter byt.
Yolandi is ook die ontwikkelaar van Afrikaans.com se kleuterkurrikulum op hulsplinternuwe leerhulpblad.
As jou kind byt, wys dit op iets wat fout is by die huis?
As ouer wil mens dadelik die vinger na jouself wys en die blaam vierkantig op jou eie skouers laai. Dit is egter nie nodig nie, want glo dit of nie – dit is normaal en dikwels die kleuter se manier van kommunikeer, sê Yolandi. Nietemin, ‘n mens kan dit ook nie net aanhou ignoreer nie en daarom is dit nodig om die saak reg te benader en te hanteer.
Mens hoor soveel verskillende opinies en oplossings vir hierdie probleem, na wie luister ek?
Daar is deesdae kenners vir elke ding. Dit kan nuwe (en gesoute) ouers oorweldig. Jy hoef nie altyd almal se raad in jou huis toe te pas nie. Oorweeg die volgende en besluit dan wat om te probeer, wat om gedeeltelik toe te pas, en wat om liefs te ignoreer:
• Stem die raad ooreen met my eie oor-
tuigings rondom kinders grootmaak.
• Stem die raad ooreen met wat ek van my kleuter weet, en wat ek weet in my huis werk.
• Wie is die persoon wat die raad gee? (Hoe lyk hulle eie agtergrond en benadering tot kinders?)
Wat is moontlike oorsake van byt in kleuters en peuters?
1. Frustrasie
1. Die kleuter wil kommunikeer, maar taalvaardighede is nog nie bemeester nie. Dit veroorsaak frustrasie.
2. Te min lyflike aktiwiteite – veral waar verwag word dat kleuters heeldag agter boekies moet stilsit. Maak seker jou kleuter is besig genoeg!
3. Skep die omgewing.
4. Verandering in omstandighede – ons het dikwels soveel grasie vir volwassenes, maar vergeet dat ons kleuters en peuters ook geregtig is op ‘n afdag.
2. Verkenning van nuwe dinge – soos speelgoed.
3. Tandekry. Dit is fisiologiese ontwikkeling en het niks met emosionele oorsake uit te waai nie.
4. Opgewondenheid.
5. Sensoriese oorstimulasie. Te veel lawaai, te veel skermtyd, te lank in die kar, draai te lank op die telefoon (mamma). Onthou dat temporaliteit nog nie ontwikkel is nie.
Moontlike strategieë om toe te pas
• Trek die kleuter se aandag af.
• Probeer raaksien watter situasies die kind laat oorgaan tot byt, en bestuur dit voor die tyd. Beperk die vier uur lange inkopietog totdat jou man jou kleuter kan oppas.
• Maak seker daar is voorsiening gemaak vir fisiologiese behoeftes. bv. ‘n tandering en pynstropie vir seer tandvleise.
• Tree ferm op wanneer so ‘n insident plaasvind. Moet asseblief nie lag of iets dergelik nie. Dis dalk die eerste maal snaaks as jou kleuter jou byt soos ‘n piranha. Dis nie die tiende maal steeds snaaks nie.
• Oppas om straf uit te deel, maar aanvaar ook dat jou kleuter nie die Engel Gabriël is nie. Dit is belangrik dat ouers nie slegs die beste van hulle bloedjies glo, en so keer dat hulle kinders kan groei nie.
• Werk SAAM met die skooltjie en juffrou. Hulle is darem in die meeste gevalle nie daarop uit om op jou tweejarige te pik nie. Wanneer die ouers en die skool in dieselfde span is, kan dit NET voordelig wees vir die kind.
• Beperk aktiwiteite wat kan lei tot frustrasie – veral oormatige skermtyd wat tot frustrasie kan lei. Die kleuter is gemaak om te klim, klouter en aktief deel te neem aan die wêreld. Om vasgenael voor ‘n skerm te sit, is ‘n baie onnatuurlike ding vir ons klein maats.
• Neem jou kleuter se gemoedstemming in ag en toon begrip daarvoor. Dis egter nie nodig dat jou kleuter die huis regeer nie.
• Kleuters het beperkte moraliteit en reageer nog nie uit ‘n verstaan (begrip) van goed en sleg nie. Die kleuter hou egter van die beloning wat gepaard gaan met “goeie” gedrag. Moet dus nie van jou kleuter verwag om uit hulle eie te weet dat byt verkeerd is nie.
• Indien jy as ouer vermoed dat die bytery ‘n ander oorsaak het, en geen strategie werk nie, kan ‘n arbeidsterapeut of spelterapeut se hulp ingeroep word.
Lees die volledige berig by Afrikaans.com



