News

Tien jaar vir gewilde kuiermark

Met Saterdag 2 September se tien jaar viering van die mark waar dit gewemel het van voete, kon jy sien waarom dié mark nie net die oudste nie, maar ook een van die grootste en gewildste markte in Parys is, want hier koop, kuier, eet, wandel en ontspan jy na hartelus.

Elke eerste Saterdag van die maand stroom besoekers van heinde en ver na Parys vir die Hartelusmark. Vir die afgelope tien jaar is dié gewilde kuiermark aan die oewer van die Vaalrivier by Egweni instelling. ‘n Mark wat veel meer bied as net ‘n wye verskeidenheid van die allermooiste handgemaakte produkte. Die prag natuurskoon nooi jou hartlik uit om jou piekniekkombers oop te gooi, en jou hartsbeker vol te maak met die geluid van kabbelende water, kinders wat op die grasperk en in die water baljaar, die reuk van die heerlikste kosse waaraan jy kan smul, en die rustigheid en samesyn van families en vriende om jou. Op die koop toe is daar ,elke maand ‘n kunstenaar waarna jy hier kan luister terwyl jy koop en kuier.

Hier is selfs honde aan ‘n leiband welkom, want jy sal wil bly – van vroegdag tot wanneer uitstallers laatmiddag huiswaarts begin keer.

Die Hartelusmark is oorspronklik deur Liesl Viljoen en Tanja Holtzhausen tien jaar gelede begin. Nadat Egweni verkoop is aan die huidige eienaars het Marieta van der Merwe en Hettie le Roux voortgegaan met die mark, en het dit oor jare nog meer gegroei in grootte en gewildheid. Soveel so dat aan die begin van die jaar ekstra parkeerruimte gemaak is op ‘n gedeelte van die Mimosa-terrein regoor Egweni.

Met Saterdag 2 September se tien jaar viering van die mark waar dit gewemel het van voete, kon jy sien waarom dié mark nie net die oudste nie, maar ook een van die grootste en gewildste markte in Parys is, want hier koop, kuier, eet, wandel en ontspan jy na hartelus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button