Local newsNews

Nou wag die Sacopa-kragmeting vir dié lugakrobaat studente

Baie geluk aan hierdie studente.

Die plaaslike Aanavi Aerial studio se lugakrobaat studente het die uitsonderlike prestasie behaal om almal tydens die jaarlikse Sunfest Africa Multisport semi-finale streekskompetisie, te kwalifiseer om aan die jaarlikse South African Championships of the Performing Arts (SACOPA) deel te neem. SACOPA word later vanjaar gehou.

Twee van die studio studente sal ook die SA Aerial-span by die wêreldkampioenskappe gaan verteenwoordig.

Die foto is tydens die jaarlikse Sunfest Africa Multisport semi-finale streekskompetisie geneem.

Die Aanavi Aerial Studio uitslae wat by die Sunfest Africa Multisport-kompetisie behaal is, was as volg:

Sue-Ann 10-13 Hoop -goud
Sue-Ann 10-13 Hammock -goud
Kaylin 10-13 Hammock – goud
Kaylin 10-13 Hoop brons
Michayla 10-13 Trapeze – brons
Renesme 14-16 Hammock brons
Renesme 14-16 Hoop brons
Riska 30+ Hammock silwer
Riska 30+ Silks & Hoop silwer
Linda 30+ Hammock goud
Linda 30+ Silks & Hoop goud

Aanavi Aerial studente wat later vanjaar aan die SACOPA nasionale kampioenskappe sal deelneem

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button