Local newsNews

Kaping lei tot R59-drama

Die ondersoek na die voorval word deur die Onafhanklike Polisieondersoek-direktoraat (Opod) hanteer,

‘n Kapingsvoorval by die Sasolburgse landdroshof het Dinsdagmiddag gelei tot die skietvoorval op die R59 net buite Parys tussen die vliegveld en die ingang na die Parys Golf & Country Estate.

Polisiewoordvoerder kaptein Loraine Earle het  bevestig dat polisielede van die Fezile Dabi-distrik taakspan wat van diens was, die verdagtes na die kaping agterna gesit het toe hulle in die rigting van Parys gevlug het.

Een verdagte is noodlottig gewond, en ‘n ander op die toneel in hegtenis geneem tydens ‘n konfrontasie wat toe gevolg het tussen die verdagtes en die polisie. Die saak word ondersoek deur die Onafhanklike Polisieondersoek-direktoraat (Opod).

‘n Motoris wat op voorwaarde van anonimiteit met Gazette gesels het, het vertel dat hulle van ‘n begrafnis op pad terug na Parys was, toe hulle verby die misdaadtoneel is.

“Daar was baie polisiebeamptes, en verkeersbeamptes op die toneel, en ‘n polisiehelikopter in die lug. Die pad was vir verkeer gesluit, en is vir ons gesê dat dit ‘n misdaadtoneel is.”

WhatsApp-groepe het behoorlik gegons oor die gebeure, en mense is aanvanklik aangeraai om alternatiewe roetes te volg, maar kon verkeer kort daarna weer begin vloei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button