Local newsNews

Net twee dae bly oor om jou gunsteling besighede te nomineer

Onthou die sluitingsdatum vir nominasies is 2 Junie.

 

Of dit nou ‘n gastehuis, prokureursfirma, apteek, oogkundige, hardeware winkel, restaurant of haarsalon is. Noem maar op – daar is talle besighede wat met toewyding, integriteit, harde werk en uitstekende dienslewering nie net Parys se ekonomiese wiele aan die gang hou nie, maar keer op keer beïndruk en uitstaan as die beste.

Daarom nooi MooiVaal Media lesers om weer vanjaar erkenning te gee aan ons plaaslike sakeondernemings wat kop en skouers uitstaan deur jou stem te laat hoor met nominasies van plaaslike besighede wat na jou mening uitstaan as die beste vir vanjaar se Best of Parys – Readers Choice-toekennings.

Hierdie projek word vir die tweede jaar agtereenvolgens aangebied.

Wees deel van die positiewe dryfkrag deur verdienstelike besighede in die onderskeie kategorieë te nomineer. Gou spring – daar is nog net vyf dae oor voor die sluitingsdatum vir nominasies op 2 Junie.

So nomineer jy besighede :
* Gaan na https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2025-best-of-parys/ en voltooi die aanlyn nominasie vorm.
* Of skandeer die QR-kode hieronder met jou selfoon se kamerafunksie oop op jou selfoon.


Slegs digitale nominasies word aanvaar.

So werk nominasies:
* Jy kan besighede in verskeie kategorieë nomineer.
* Jy kan ook meer as een besigheid in ‘n kategorie nomineer.
* Sodra nominasies gesluit het, sal lesers aanlyn stem vir die wenners van die onderskeie kategorieë.
* Die wenners sal dan by ‘n spog geleentheid aangewys word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button