Local newsNews

Ag nee sies!

Wie moet nou dié gemors opruim?

Dié gemors is oor die naweek by Parys se 1919-hangbrug afgelaai. Vraag is – wie moet nou dié gemors wegvat?

Net Vrydag nog is hier voor die aanvang van die naweek skoongemaak en duisende spandeer om vloedskade aan die oewerwal te herstel. Alles uit eie sak deur ‘n handjievol vywilligers om hier skoon, netjies en instand te hou, want ‘n skoon dorp trek nie net toeriste na die dorp om ons plaaslike sakelui te help nie. Dit sê iets van die dorp se karakter.

Moenie jou gemors iemand anders se probleem maak nie. Jou gemors – jou verantwoordelikheid.

Munisipale vullisverwydering in Parys word gereeld gedoen, of  betaal iemand om jou rommel wat jy wil laat verwyder na die stortingsterrein te neem as jy nie self kans sien om dit daarheen te vat nie.

Dit gebeur al meer dat mense hulle skuldig maak aan onwettige vullisstorting met huis en tuinvullis, en selfs bourommel wat op sypaadjies, parke en selfs langs die rivieroewer gestort word. Ook die dorp se vleiland en die nywerheidsgebied loop gereeld deur onder skaamtelose morsjorse.

Vullissakke word selfs in asblikke langs die rivieroewer gedruk,

Help ons om die dorp skoon te hou en bring jou kant.

Deur net jou eie sypaadjie skoon te hou en jou eie vullis op te tel, kan elke inwoner alreeds ‘n groot bydrae lewer.

Die vullissakke wat oor die naweek deur iemand by die 1919 hangbrug gelos is.

* Dankie aan Annette van Biljon wat op eie onkoste die gemors weggery het. Dit word waardeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button