Kouefront kom vir dele van die Kaap en Vrystaat
Die koue volg nadat groot dele van die land vroeër in 'n sneeukombers toegevou was, en oorstromings die Oos-Kaap getref het.
Hoewel nog ‘n kouefront dele van die Noord- en Wes-Kaap teen Woensdag en Donderdag sal tref, is geen waarskuwings nog vir die Vrystaat uitgereik nie, het die Suid-Afrikaanse Weerdiens bevestig.
Die weerdiens het ook gesê geen reën word in die Vrystaat vir die week voorspel nie, en kan Vrystaters maksimum temperature van tussen 12 en 21 grade Celsius te wagte wees, terwyl koue minimum temperature gevoel sal word.
Die oostelike dele van die Vrystaat en langs die Lesotho-grens kan heelwat kouer wees.
Hier die week se temperature vir Parys:
Dinsdag 18/3 grade Celsius
Wooensdag – 19/3 grade Celsius
Donderdag – 20/4 grade Celsius
Vrydag – 20/2 grade Celsius
Saterdag – 18/3 grade Celsous
Sondag – 19/3 grade Ce;lsius



